π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Eierbrood (Variasie op French Toast)
Bestanddele
Metode
Druk 'n sirkel uit elke sny brood met 'n groot kerrievisblik (Β± 10 cm in deursnee).
Voeg sout en peper na smaak by die geklitste eiers.
Verwarm olie in 'n pan.
Doop elke broodsirkel vinnig aan weerskante in die geklitste eier.
Braai die sirkels aan weerskante tot goudbruin. Hou dop β hulle is geneig om vinnig te brand.
Plaas die gebraaide sirkels op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
Sit tamatieskywe en daarna gerasperde kaas bo-op elke sirkel.
Mikrogolf vir 1Β½ - 2 minute op High, of totdat die kaas gesmelt is.
Bedien warm.
Snye sonder kaas en tamatie kan net met goue stroop bedien word soos tradisioneel op French Toast. Klein stukkies gaar bacon, geblikte sampioene, of gebraaide uie kan ook gebruik word. Kaas alleen is net so lekker.