Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Serpie wat net om die Nek Pas

Mia Duvenhage

Bestanddele

breinaald (geskikte nommer vir wol)
wol (geskikte dikte)
lang breispeld
dunner breipen

Metode

1

Gebruik 'n geskikte nommer breinaald en gepaste dikte wol. Stel 3 steke op.

2

Brei slegs regs (plain) en vermeerder 1 steek aan die begin van elke ry totdat 40 steke bereik is.

3

Gebruik 'n lang-lang breispeld om die 'tonnel' te vorm: Brei die 1e steek op die breinaald, die 2e steek op die breispeld, die 3e steek op die breinaald, die 4e steek op die breispeld, ens. Daar is nou 20 steke op die breinaald en 20 steke op die breispeld.

4

Brei in ribsteek (1 regs, 1 avers) met 'n dunner pen vir 20 rye.

5

Brei ook die rib op die speld vir 20 rye.

6

Brei alternatiewelik weer terug op breipenne in regs (40 steke). Brei 50 rye.

7

Vir 'n man met bv. 'n 17" boordjie moet nog heelwat rye bygebrei word β€” meet op die mouboordjie van 'n toeknoophemp.

8

Brei weer die tonnel (soos in stappe 3–4).

9

Brei die 40 steke weer terug op die breinaald.

10

Begin verminder deur 2 steke saam te brei aan die begin van elke ry totdat daar slegs 3 steke oor is. Heg af.

11

Sit om die nek en steek een punt van die serp deur die ander punt.

Graderings
Gee 'n telling: