Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Tarentaal

Gert Snyman

Tarentale het wurms in die lente. Botsels en gras wat uitloop, veroorsaak dit.

Resep

WILDSVLEIS KOEDOEFILLET - (Tydskrif, 2000) Marinade: 1 ui 2 t fyngedrukte knoffel 2 lourierblare 6 naeltjies 12 heel wonderpeperkorrels (piment) 5 repe swoerdlose spek, gesny 2 takkies pietersielie 1 t tiemie ¼ t varsgemaalde swartpeper 1 e olie 3 k droë rooiwyn (750 ml) Marineer oornag of tot 1 week in yskas in vlekvrye staal bak. Sous: 3 e botter ½ k rosyne 1 k gekerfde sampioene 1 e tamatiepasta 1 e suiker ½ k soet sjerrie 1 k room 2 e brandewyn maalsel swartpeper . Verwyder vleis uit marinade. . Syg vloeistof deur en braai die bestanddele wat agterbly in die 3 e botter tot sag. . Voeg die vloeistof ook weer in die kastrol. . Voeg rosyne, sampioene, tamatiepasta en suiker by. . Prut tot vloeistof met die helfte verminder het. . Voeg sjerrie en room by. Prut 5 - 10 minute. . Sny filet in dun skywe. . Voeg sout en gemaalde swartpeper by en 'n bietjie knoffel indien verkies. . Verhit sous en voeg in souskom. . Bak die filetskywe kort voor ete vinnig in 'n baie warm pan wat liggies met olie gesmeer is. . Vlam met die brandewyn en bedien dadelik met stampkoring, kweperjellie en 'n glas goeie rooiwyn. MARINADE VIR KOEDOESTEAK (Tannie Essie Pretorius) Meng 1 e tenderizer (souttipe), 1 e bakpoeier en 1 e koekmeel. Kap in steak in met 'n piering of vleishamertjie. Doop in geklitste eier, dan in koekmeel wat met sout en peper gegeur is. KARRINGMELK-MARINADE (Thinus) 500 ml karringmelk asyn olie knoffel suurlemoenpeper Meng en gooi oor wild steaks. Marineer vir ± 2 dae. Gooi sout oor wanneer braai oor kole. Marineer ook wildfillet. Sny op lengte, vul met kaas, strooi sout en speserye (American Barbecue Spice) oor. Draai toe in blaardeeg. Verf eier-melk bo-oor. Bak stadig in oond. AFKOOK VAN WILDSVLEIS VIR VLEISPASTEITJIES . Was vleissnitte behoorlik af vir bloed, kliere, hare, stukkies been, mis ens. . Kook vir ± 15 minute. Water af. Spoel elke stukkie vleis onder lopende water af. Gebruik stoompot, 35 minute, of in groot kastrol op gasbrander. Slegs sout en peper, niks anders! 4 ure vanaf begin kook. Moet self van bene afval. . Verwyder bene en taai neksenings. Maal met Kenwood se meuletjie indien min vleis of dan met groot elektriese vleismeule. Verpak in 2 liter roomysbakke tot benodig. . Moet NOOIT teveel benevleis op een dag aanpak as jy alleen is nie. Teveel vir een dag gaan oornag in die potte sleg word en 'kook' die volgende oggend sommer vanself! FYNGESTOOFDE WILDSVLEIS (Tienie) Enige gedeelte soos rib, bors of rugstring kan gebruik word. Die volgende bestanddele is genoeg vir sowat 2 kg benevleis. 25 ml kookolie 1 uie gekap 1 t crushed garlic 5 naeltjies 5 ml fyn koljander 1 t sout 5 peperkorrels 2 lourierblare 1 takkie pietersielie 500 ml kookwater 25 ml asyn of suurlemoensap 1 t marmite of bovril spekblokkies, varkvelle of skaapstert Kook eers wildsvleis op vir ± 10 minute. Gooi water af. Spoel vleis onder lopende water. Laat afdroog. Braai bruin in verhitte kookolie. Voeg uie en knoffel by en soteer. Voeg spekblokkies by. Voeg res van bestanddele by. Stoom vir ± 35 minute in stoompot. As pastei: Verwyder vleis van bene af. Kook aartappelblokkies eenkant. Verwyder naeltjies en blare. Kap vleis en aartappel fyn in voedselverwerker of maal met vleismeule. Skep in pasteibak, gooi oliekors oor. Garneer met uieringe. Bak in oond tot goudbruin en gaar. STEENBOK STEAK Heerlik! 3 Augustus 2003 saam met Frans en Sophia. Willem per abuis steenbokkie in grootpad gestamp. Marinade: 1 pakkie "Meat Marinade" en 3/4 k koue water in vierkantige Tupperbak met deksel. Voeg 3 - 4 t Crushed Garlic by asook sap van 1 suurlemoen. Strooi Vleisversagter oor steak. Marineer 1 uur. Na 1 dag in die yskas gemarineer, val vleis uitmekaar. Gebruik dikboompan. Braai uieringe en vars sampioene. Skep uit. Braai steak in margerien of botter; nie olie nie. Wanneer gaar, voeg 1 k room (vars of Ultra-Mel) by. Roerbraai saam met uiemengsel. Heerlik sag. ROOIBOKBOUD Die Eiland Restaurant Maak 'n Las 27-12-2003 Ontbeen boud. Nie stop nie. Sout en peper. Vou toe in net wat lyk soos dié waarin salami gemaak word. Trek styf. Bind toe of werk toe. Marinade: 1 liter karringmelk, Worcestersous, 1 - 1½ k droë wit wyn, knippie sout, knippie Aromat, 2 suurlemoene se sap. Marineer in plastiese bak met deksel vir 24 uur in yskas. Draai elke 3 - 4 ure. Meng: Gesmelte margerien, suurlemoensap, sout en Aromat. Bedruip terwyl gaar word. Gebruik onderste deel van kasserol om oor boud te sit terwyl braai. Moenie te dun sny wanneer gaar. Bedien met bierbrood, pampoenkoekies, aartappelgereg met bacon, sampioensous met brandewyn. WILDSVLEIS (Knuppeldik aan Koningskos, bl. 124 Miena) ROOIBOKBOUD/KOEDOE ROAST (Colleen van Staden) DRIE DAE voor die tyd: Varkspek: Gebruik bevrore spekrepe (nie bacon nie) en week in sout, asyn, knoffel, olie, suurlemoenpeper en 6 - 8 naeltjies (tel dit). Plaas 'n ruk in yskas. Marinade: 1 - 1½ k asyn, 2 e Worcestersous, 2 e appelkooskonfyt en 2 e olie. Meng. Gooi in groterige glas of vlekvrye staal kasserol met deksel. Boud self: Stop boud met die geweekte spek. Gooi eers elke keer van die mengsel in die gaatjie, dan die spek. Meng in 'n bakkie: 'n handvol bruinsuiker, koljander, growwe swartpeper of suurlemoenpeper en enige ander speserye bv. Mixed Herbs. Vryf die boud hiermee in. Plaas boud in marinade in kasserol. Marineer in yskas vir drie dae. Draai 2x per dag om. Bak Strooi growwe sout oor. Bak vir ± 1 uur op 180°C, dan 120 °C vir nog ± 2 ure. Verwyder deksel. Smeer 2 t appelkooskonfyt oor. Bak so oop tot mooi bruin. Verwyder naeltjies (tel dit). Dreineer sous en verdik met maizena. ROAST Jan Eckard maak roast buite op rooster gaar, keer net 'n swartpot waarvan pote afgesaag, daarop om. KOEDOE RUMP STEAK Gebruik rump steak van 'n jong koedoe. Kap gegeurde meel met vleishamertjie in. Bak in ysterpan in bietjie olie bo-op stoof op warm plaat. TARENTAAL (Gert Snyman) Tarentale het wurms in die lente. Botsels en gras wat uitloop, veroorsaak dit. MURGSAGTE KOEDOEGARING (SCOTCH FILLET) . Moet gladnie vries nie!! . Laat twee tot drie dae onder in yskas lê om 'ryp' te word. . Sny in 1 cm dik skywe. Strooi effens sout en peper. . Klits 2 - 3 eiers en voeg varsgemaalde swartpeper en sout by. Laat skywe vir 1 uur daarin lê. . Gebruik gegeurde meel wat maar altyd in jou yskas behoort te wees. (Koekmeel, sout, peper, steak en chops-speserye en mosterdpoeier.) . Verwyder skywe uit eiermengsel, doop in gegeurde meel en bak in vlak olie. Draai 1 maal om. Moet nét gaar wees. . Bedien warm saam met aartappels of stywepap. ROOIBOKFILLET (Tannie Hettie van Staden) Sny skywe. Strooi knoffelsout en peper. Laat rus vir 1 uur. Doop in geklitste eier, dan meel. Bak in vlak vet. Ook om Steak sag te maak. Suurlemoen maak ook sag. PATTIES (Tienie) 5 kg vleis, 500 g speserye Crown se Stetsen Burger Pepper, (nie Beef nie!) 750 g water. Lewer 54 patties. RUSSIAN WORS (Thinus v Staden) 9 - 10 kg vlakvark 1 kg spekblokkies Yswater Volg instruksies op Russian pak. Opsioneel: Laat pienk poeier weg. Gebruik dun derms soos vir skaapwors. WILDSWORS (Julie 1992- Baie lekker) 18 kg jong koedoe 7 kg varkvleis 5 kg varkspek 1 kg Crown speserye Yswater soos voorgeskryf vir 30 kg vleis ROOIBOKWORS (22 Januarie 1990 - Baie lekker) Maal alles grof saam: 13 kg maer varkvleis 13 kg rooibok 1,5 kg spek Klein bottel Worcestersous 5 k Oats 1 kg Crown boerewors speserye 500 g derms Stop met handvleismeul of worsstopper. ROOIBOKWORS VIR SKOONPA SE VERJAARSDAG (1990 - Baie lekker) 18 kg rooibok 3 kg spek 3 kg skaapstert en lies 1 liter yswater 1 kg Hyco Boereworsspeserye (groen pak) Helfte van klein Worcestersous op 24 kg, niks meer nie Meng vleis en alle bestanddele, gebruik growwe siffie in meule. WILDSPASTEI Marie Smith, Groot Marico - 2009 Marineer 5 kg wildsbenevleis soos blad, skenkel of nek oornag in die volgende marinade: 2 k vrugteblatjang (appelkoos, perske ens.) 1 k sojasous ½ k suurlemoensap ½ k heuning skil van 2 suurlemoene, gerasper 1 t fyn koljander 1 t naeltjies 1 t swartpeper Braai 3 uie en 5 gekapte knoffelhuisies liggies in olie. Skep uit en hou eenkant. Stroop die meeste van die marinade van die vleis af en braai vinnig aan beide kante in dieselfde olie. Braai klein hoeveelhede vleis op 'n slag sodat dit nie waterig word nie. Pak die vleis in 'n swaarboom oondskottel ('n ysterpot werk goed) afwisselend met die uie en knoffel. Meng ½ bottel rooiwyn met 400 ml beesvleisaftreksel en 1 k van die marinademengsel en giet oor die vleis. Voeg sout na smaak by. Onthou die sojasous is effe sout. Bedek die oondskottel. Stowe die vleis tot dit van die bene afval (ongeveer 3 - 4 ure). Vul die vloeistof elke uur aan indien nodig. Skil en kook intussen 3 - 4 geelwortels in ringe gesny en 4 aartappels in blokkies gesny, tot amper sag. Verwyder die vleis van die bene af. Verwyder ook enige onooglike senings en velletjies. Sny die vleis op in eweredige stukkies en plaas terug in die pot met sous. Voeg die wortels en aartappels by die vleis en roer goed deur. Stowe verder vir 20 - 30 minute. Skep die vleis in twee pasteibakke en laat afkoel. Dit kan op hierdie stadium in die bakke gevries word vir latere gebruik. Bedek die vleis met pasteideeg van jou keuse. Gekoopte blaardeeg of broskorsdeeg werk goed. Bak vir 20 - 30 minute in 'n warm oond van 200 °C. WILDSPASTEI (Vallery) 1,75 kg wildsblad of -boud (benevleis) in 25 mm blokkies gesny 250 ml - 375 ml karringmelk 125 g swoerdlose spek, gekap 30 ml botter Olie, opsioneel 1 groot ui, gekap 3 vet knoffelhuisies, gekneus 500 g lamskenkels, in skywe van 25 mm dik gesny 30 ml koekmeel 5 ml sout Swartpeper, varsgemaal 1 heel ui, geskil en 5 naeltjies ingesteek 2 lourierblare
Graderings
Gee 'n telling: