Lekkereet
๐Ÿฅ—
Voorgeregte
๐Ÿž
Sop
๐Ÿ–
Vleis
๐ŸŸ
Vis
๐Ÿฅฆ
Groente
๐Ÿฐ
Soet
๐Ÿซ“
Bak
๐Ÿซ™
Preserves
๐Ÿ”ฅ
Braai
๐Ÿ’ก
Wenke
Lekkereet
Geรฏnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
๐Ÿ Tuis๐Ÿ”Soekโค๏ธGunsteling๐Ÿ“My Resepte๐Ÿ›’Inkopielysie๐Ÿ“…Maaltydplanner
INHOUD
๐Ÿฅ—Voorgeregte & Happies๐ŸžSop & Brood๐Ÿ–Vleis & Pluimvee๐ŸŸVis & Seekos๐ŸฅฆGroente & Slaaie๐ŸฐSoet & Nagereg๐Ÿซ“Bak & Koeke๐Ÿซ™Preserves & Bottels๐Ÿ”ฅBraai & Grootmaat๐Ÿ’กWenke & Boererate
๐Ÿ“ Stuur Jou Resepโš™๏ธInstellings
Reseptaal

Aarbei-likeur

Die SA Kersfeeskookboek bl. 19
โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…๐Ÿถ Likeur

Aarbeie nou (Oktober) volop by die roosplaas van Johan Henning. Koop VARS aarbeie. Die goedkoop, uitskot aarbeie is ยฑ 70 % onbruikbaar en baaaaie tyd gaan verlore om uit te soek!

๐Ÿ‘ค Johan Henning๐ŸŽ‰ Kersfees

Bestanddele

2 kgโ‰ˆ 2000 g
vars aarbeie (1 kg per bottel)
4 koppieโ‰ˆ 1 l
(1 liter) water
8 koppieโ‰ˆ 2 l
(1,6 kg) suiker
4 liter
mampoer (ยฑ45 %) (2 liter per bottel)

Metode

1

Gebruik TWEE groot glasbottels met wye bekke (grondboontjiebottel grootte bekke).

2

Spoel die aarbeie, verwyder stingels en blaartjies.

3

Halveer aarbeie en gooi 1 kg vrugte in ELKE bottel.

4

Meng water en suiker in 'n groot vlekvrye of emalje kastrol.

5

Roer oor matige hitte totdat suiker opgelos is.

6

Verhit tot kookpunt en kook 5 minute lank oor matige hitte.

7

Laat stroop afkoel en verdeel eweredig oor die aarbeie.

8

Voeg 2 liter mampoer by ELKE bottel. Skud die bottels.

9

Laat ten minste vir 2 weke op 'n koel, donker plek staan โ€“ hoe langer hoe beter.

10

Roer van tyd tot tyd om te voorkom dat kristalle op die bodem van die bottel vorm.

11

Syg deur in skoon, droรซ bottels en verseรซl.

12

Gebruik deurskynende bottels van verskillende vorms en groottes.

13

Rooi proppe vertoon mooi.

14

Plak etikette op.

โœจ Tienie Sรช

Lewer ยฑ5,75 liter likeur. Indien resep drie maal gemaak word, benodig dan 2,5 kg suiker = 12 maatkoppies. Lewer ยฑ 8 - 9 liter. LW: Indien mampoer se alkoholpersentasie te hoog is, bv. 45+, dan is dit geneig om die ware geur van die vrug te oorheers.

Graderings
Gee 'n telling: