Reseptaal
Cape Velvet
★★★★★🍶 Likeur
Bestanddele
200 ml
whisky1
groot blik kondensmelk2
gelyke teelepels Nescafé koffiepoeier1 teelepel≈ 5 ml
kookwater250 ml
(1 koppie) roomMetode
1
Klits 200 ml whisky en 1 groot blik kondensmelk saam.
2
Gebruik 'n Tupper mengbak met spat-deksel aangesien die mengsel baie uitspat wanneer dit geklits word.
3
Maak 2 gelyke teelepels Nescafé koffiepoeier aan met 1 teelepel kookwater en voeg by die mengsel.
4
Voeg 250 ml (1 koppie) room laaste by en klits saam.
5
Bottel die likeur en sit in die yskas.
✨ Tienie Sê
Heerlik! Lewer ± 750 ml roomlikeur.
Graderings
Gee 'n telling: