Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Grenadella Likeur

Uit: Maak Jou Eie Likeur, Jean Dickson
🍶 Likeur

Likeur wat ons op 9 Junie 2005 gemaak het. Getrek vanaf 4 Mei 2005.

Bestanddele

25
grenadellas/guavadellas
15 ml
gerasperde suurlemoenskil
750 ml
wodka/witblits (Bosveld Mampoer)
750 ml
(600 g) suiker
750 ml
water

Metode

1

Sny die grenadellas middeldeur en skep die pulp uit.

2

Plaas die grenadellapulp en gerasperde suurlemoenskil in 'n skoon, droë glasfles met 'n deksel wat dig sluit.

3

Voeg die wodka by, maak toe en laat trek 1 maand lank by kamertemperatuur. Skud daagliks.

4

Syg die mengsel eers deur 'n plastiese/vlekvrye sif en dan deur 2 lae fyn kaasdoek.

5

Meng die suiker en water in 'n vlekvrye staal-kastrol en verhit by lae temperatuur totdat die suiker opgelos is.

6

Verhit dan tot kookpunt en kook 17 minute lank.

7

Haal die stroop van die stoof af en laat afkoel.

8

Voeg die gegeurde wodka by die koue stroop en roer goed.

9

Gooi die likeur in 'n droë gesteriliseerde bottel, sit die prop op, verseël en etiketteer.

10

Bêre minstens 1 week.

✨ Tienie Sê

Gebruik die pers variëteit grenadella waarvan die geur sterker is. Groter hoeveelheid wat ons gemaak het (9 Junie 2005): 10 bottels (750 ml) mampoer, bevrore guavadellas, 2 x 5 liter-glasbottels met skroefdeksels (wye bekke). Stroop: drie vlekvrye staal kastrolle met inhoudsmaat van 5 liter elk, 10 koppies water in elk, 10 koppies suiker in elk. Lewer ± 17 liter likeur. Gebruik binne 'n paar maande op.

Graderings
Gee 'n telling: