π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Appelkooskoeldrank
Corrie Swanepoel
Bestanddele
ryp oorryp appelkose genoeg om te bedek met water
water om te bedek
20 koppieβ 5 l
appelkoesmoes10 eetlepelβ 150 ml
suurlemoensap5 koppieβ 1.25 l
suikerMetode
1
Gebruik ryp, oorryp appelkose. Breek oop en verwyder die pitte.
2
Bedek die appelkose met water, sit die deksel op en stowe tot pap.
3
Syg die mengsel deur 'n doek om die moes te verkry.
4
Roer die moes, suurlemoensap en suiker saam tot die suiker heeltemal opgelos is.
5
Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 5 minute.
6
Bottel dadelik en sit netjiese etikette met die datum op.
7
Verdun met Sprite of yswater voor opdiening.
Graderings
Gee 'n telling: