Gevulde Eiers
Vinger-ete vir bejaardes van ons kerk Sondag 23 November 2003. 2Β½ dosyn = 30 eiers = 60 halwes. LW Kook 40 eiers - baie floppies.
Bestanddele
Metode
Saterdag laatmiddag: Plaas eiers in 'n kastrol en voeg net genoeg koue water by om die eiers te bedek β die eiers moenie in die water 'hang' nie, sodat die geel bo bly.
Roer die eiers voor kookpunt bereik word om te verseker dat die gele mooi in die middel bly; anders bly een kant net 'n dun wit velletjie.
Kook die eiers 7 minute.
Gooi dadelik die kookwater af en bedek onmiddellik met koue water β dit help dat die eiers nie blou word rondom die geel nie.
Kap elke eier teen 'n harde voorwerp en plaas terug in die water sodat die doppe makliker loskom.
Begin solank skoonmaak.
Halveer die eiers op die lengte en verwyder die eiergele.
Meng die eiergele dadelik met mayonnaise.
Strooi bietjie sout en peper by en gebruik 'n vurk om 'n fyn tekstuur te verkry.
Druk die mengsel met 'n lepel deur 'n siffie β harde stukkies kan die versierbuis verstop.
Pak die eierwithelftes oop op skinkborde. Sny die onderkant effens gelyk sodat hulle plat kan staan.
Plaas die eierwitte en -gele afsonderlik in die yskas.
Sit kleefplastiek oor en prik dit met 'n tandestokkie sodat hitte kan verdamp.
Trek die skinkborde ook met foelie oor.
Knip pietersielie in baie klein stukkies.
Sny ook rooi uitjies of pepadew in baie klein stukkies en bewaar in die yskas.
Volgende oggend vΓ³Γ³r die diens: Gebruik 'n versierspuit om die eierwithelftes weer te vul met die eiergeel-mengsel.
Garneer elke gevulde eier met pietersielie en rooi uitjies of pepadew.
Sien 'Happies' van Peter Veldsman bl. 38. Sien ook Kook en Geniet se Nuwe Uitgawe. Vingeretespyskaart bevat sout (gevulde eiers, frikkadelletjies, souttertjies, sosaties, vleispasteitjies) en soet (klein-klein koeksisters, ystervarkies, klein melktertjies, lemoenrepies, klein Tipsy Tertjies). Melktertkorsie word nie maklik pap nie - resep van Elbie Bez. Ystervarkies was heerlik!