π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Geweekte Glanskersies in Mampoer (Rooi en Groen Kleurskema Happies)
Bestanddele
rooi glanskersies
groen glanskersies
mampoer
wit of bruin smeltsjokolade (opsioneel)
Metode
1
Plaas rooi glanskersies in een botteltjie en groen glanskersies in 'n ander botteltjie, en vul albei met mampoer.
2
Laat die kersies vir ongeveer drie maande op die spensrak week.
3
Dreineer die kersies en bedien hulle op tandestokkies tussen koue vleise of ander happies as deel van 'n platter.
4
Opsioneel: Doop die kersies in gesmelte wit of bruin sjokolade en rangskik hulle tussen soethappies.
β¨ Tienie SΓͺ
Interessante happies vir 'n rooi en groen kleurskema: Links: Gevulde olyf binne-in gepreserveerde Peppadew-helfte. Regs: Gevulde olyf, rooi piekeluitjie en stukkie agurtjie.
Graderings
Gee 'n telling: