Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Groentepot

Geskik vir ontbyt, brunch, middag- of aandete.

Bestanddele

125 g
bacon, gesnipper
125 g
wors, Weense worsies of Russians in 2 cm dik wieletjies gesny
4
groot aartappels in agtstes
4
groot geelwortels in skywe
3
middelslag uie in skywe
3
suurappels in kwarte
25 ml
olie
sout en peper na smaak
pietersielie (opsioneel)

Metode

1

Roerbraai die spek en wors 2 minute lank in 'n dikboompot in olie.

2

Voeg die groente by en roerbraai dit 'n verdere 5 minute.

3

Voeg die appels by en braai die mengsel 2 minute.

4

Geur dit met sout en peper. Voeg pietersielie by indien verkies.

5

Plaas die deksel op en laat die groentemengsel 15 minute lank stadig gaar word in die vloeistof wat in die pot gevorm het.

6

Indien nodig, kan 'n bietjie kookwater bygevoeg word, maar die groentepot is geuriger as geen vloeistof bygevoeg word nie.

✨ Tienie SΓͺ

Vir 6 - 8 persone. Geskik vir ontbyt, brunch, middag- of aandete.

Graderings
Gee 'n telling: