Kaas-eiers op Uie
Vergelyk met 'Kaaseiers op Uie' uit TV Kombuis, Groente, bl. 20 gekombineer met 'Kerrie-eiers en Rys' uit RSA boek.
Bestanddele
Metode
Braai 500 g uie langsaam in genoeg margerien tot ligkleurig en soet, ongeveer 10 minute met deksel op.
Roer af en toe.
Geur die uie met sout en peper.
Skep die uie in 'n oondvaste bak van ongeveer 25 x 25 cm.
Kook intussen 4 eiers vir 7 minute.
Halveer die eiers en pak hulle op die uie.
Geur met sout en peper.
Maak 500 ml kaassous met tweederde koppie Cheddar kaas en 1 teelepel mosterdpoeier in.
Skep die sous oor die eiers.
Strooi die oorblywende derde koppie kaas oor die gereg.
Strooi ook 'n titseltjie paprika/rooipeper oor vir kleur.
Rooster die gereg in die oond tot die kaas borrel.
Bedien met roosterbrood en dik skywe gebraaide tamatie.