Lekker Boontjiesop
Bestanddele
Metode
Soek die bone uit en kyk veral vir klippies, spoel dan deeglik.
Stoom die bone 5 minute in 'n stoompot met min water (Β±1 cm diep).
Dreineer en spoel die bone in 'n vergietes om die 'winde' uit te kry.
Voeg varkvelletjies (nie teveel nie) en 'n weinig spek (vet) by. Geur met sout en peper.
Voeg uie en water by en stoom 10 minute (vanaf die 2e ringetjie uit is).
Voeg Β½ t borrie en 1 gelyk t sterk kerriepoeier of masala by.
Voeg vars- of selfgedroogde pietersielie by, asook stukkies gaar oorskiet vleis indien jy nie varkvelletjies gebruik nie.
Voeg die pakkie '2 Minute-Noodles' (beef geur, 85 g) by.
Los die Β½ pakkie wit uiesoppoeier in 'n bietjie koue water op en voeg by die pot.
Proe of sout nodig is, aangesien die soppoeier reeds sout bevat.
Prut 'n paar minute sodat die geure kan meng.
Bedien met tuisgebakte brood en botter.
Water kan op enige stadium bygevoeg word behalwe tydens stoomproses. Gaan oor op koolstoof in die winter.