Reseptaal
Lekker Ertjiesop
Tienie
β
β
β
β
β
π Sop
Tydens vleiswerkery (9 en 10 Junie) vir eerste Boeredag wat sal plaasvind op 23 Junie 2006 op die terrein van Ellisras Boerevereniging by Ellisras Veilingskrale.
π€ Tienieπ Boeredag
Bestanddele
3
x 500 g gesplitte ertjies (split peas)3
- 4 medium uie, fyngekap250 ml
Ultra Mel langlewe roomsout en peper na smaak
250 g
Bits 'o BaconMetode
1
Sorteer die ertjies vir klippies en enige onsuiwerhede. Spoel goed af.
2
Kook die ertjies vir 5 minute, laat dan week vir 1 uur.
3
Spoel die ertjies na die weekproses af en dreineer in 'n vergiettes.
4
Kook die ertjies tot sag sonder enige sout, soet of suur (asyn) β anders bly die ertjies hard.
5
Voeg die fyngesnyde uie en bacon by die ertjies in en geur met sout en peper.
6
Prut verder tot die uie sag is. Indien die sop te dik is, voeg nog kokende water by.
7
Net voor opdien, roer die room by.
8
Bedien met vars tuisgebakte brood en botter, verkieslik vanaf 'n koolstoof vir 'n gesellige atmosfeer.
Graderings
Gee 'n telling: