Reseptaal
Mieliebrood (met boerewors)
★★★★★🥐 Deeg
Bestanddele
1½ koppie≈ 375 ml
mieliemeel, ongesif25 ml
suiker10 ml
sout15 ml
bakpoeier125 ml
cheddar, gerasper3
eiers160 ml
botter, gesmelt250 ml
suurroom of ongegeurde jogurt250 g
roomsoort mielies, geblik1
ui, fyngekap½
groen soetrissie150 g
boerewors, gaar, gekrummelMetode
1
Meng droë bestanddele (mieliemeel, suiker, sout en bakpoeier) en kaas saam in 'n groot mengbak.
2
Klits eiers, gesmelte botter en suurroom (of jogurt) goed saam in 'n aparte bak.
3
Roer die geblikte mielies by die eiermengsel.
4
Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng goed.
5
Voeg die fyngekapte ui, soetrissie en gekrummelde gaar boerewors by en roer deur.
6
Bedek die bodem en kante van 'n broodpan met foelie.
7
Giet die mengsel in die voorbereide broodpan.
8
Bak vir 1 uur by 180 °C.
Graderings
Gee 'n telling: