Lekkereet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekkereet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Maaltydplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings
Reseptaal

Ontbyt-rolletjies

Bylae tot Sarie, 28-10-1964
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ³ Ontbyt

Bestanddele

6 koppieβ‰ˆ 1.5 l
koekmeel
1 koppieβ‰ˆ 250 ml
fyngemaakte gaar aartappels
10 g
kitssuurdeeg
4 eetlepelβ‰ˆ 60 ml
margerien
2
eiers
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
suiker
1
klein blikkie Ideal-melk
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
sout
1Β½ koppieβ‰ˆ 375 ml
louwater indien nodig
kaas na smaak

Metode

1

Smelt die margerien vir 30 sekondes in die mikrogolf indien nodig. Laat afkoel.

2

Klits albei eiers by die gesmelte margerien.

3

Vul die Ideal-melk aan tot 1 koppie vloeistof en voeg by die mengsel.

4

Roer die koekmeel, fyngemaakte aartappels, kitssuurdeeg, suiker en sout in tot 'n deeg vorm.

5

Voeg louwater by indien nodig (tot Β± 1Β½ koppie).

6

Vorm 'n lang rol van die deeg en sny dit in ewe lang stukkies om rolletjies te vorm.

7

Plaas die rolletjies op 'n bakplaat en laat hulle ongeveer 30 minute goed rys.

8

Smeer die bokant met geklitste eier, of strooi grofgerasperde kaas oor (opsioneel).

9

Bak in 'n voorverhitte oond tot goudbruin.

✨ Tienie SΓͺ

Deeg kan in die aand gemaak word en oornag in 'n bedekte skottel in die yskas gehou word. Ander manier om rolletjies te vorm: Rol ΒΌ dm dik uit. Druk sirkels af met koekiedrukker of tunablikkie. Rol op.

Graderings
Gee 'n telling: