Reseptaal
Outydse Gemmerbier
Rooibostee Raad
★★★★★🥤 Drinkgoed
Bestanddele
5 liter
sterk rooibostee5 liter
water1.2 kg≈ 1200 g
suiker15 ml
kremetart15 ml
wynsteensuur60 g
ingemaakte gemmer12.5 ml
gemmerwortel, gerasper5 ml
droë gis (nie kits nie)100 g
rosyntjiesMetode
1
Sny die ingemaakte gemmer in stukkies.
2
Vermeng die rooibostee, water, suiker, kremetart, wynsteensuur, gemmerstukkies en gemmerwortel in 'n kastrol.
3
Verhit tot kookpunt en roer totdat die suiker opgelos is.
4
Haal van die plaat af en laat afkoel totdat louwarm.
5
Voeg die droë gis en rosyntjies by en laat oornag staan.
6
Gooi die mengsel in bottels en plaas 'n paar rosyntjies in elke bottel.
7
Skroef die bottels toe en laat die gemmerbier ten minste 3 dae lank gis.
8
Bedien yskoud.
Graderings
Gee 'n telling: