π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Sagte Skaaptjops
Tydens Skoonpa se 79ste verjaardag, 2005. Almal komplimenteer die sagte vleis. Vleis het 'n ruk in alluminium kasserol op rooster gestaan en nie taai geword nie!
Bestanddele
Metode
Meng die 2 pakkies Knorr Meat Marinade, 2 pakkies Knorr Garlic Steak en 5 koppies water in 'n houer.
Plaas die skaaptjops in die marinade in die houer en sit in die yskas vanaf die oggend.
Teen ongeveer 13:00 (1 nm.), verwyder die tjops uit die marinade en laat hulle goed afdrup.
Plaas die afgedrupte tjops terug in die yskas totdat dit tyd is om te braai.
Gooi die res van die marinade weg.
Braai die tjops op die rooster (indien verkies in 'n aluminium kasserol op die rooster) totdat gaar β die vleis bly sag en word nie taai nie.
Vleis het 'n ruk in alluminium kasserol op rooster gestaan en nie taai geword nie!