Stewige Ontbyt (Vir Kragmanne)
Maak 'n Las, 10-6-2001.
Bestanddele
Metode
Maak 'n omelette van 2-3 eiers in 'n groot ronde vlekvrye staal pan buite.
Vou die omelette in kwarte.
Verhit olie in 'n groot reghoekige vlekvrye staal pan totdat dit warm is.
Plaas die rump steak in die middel van die pan en draai dit 3 keer om.
Plaas aan een kant van die pan 'n klompie ontpitte pruimedante wat in spek toegedraai is.
Sny Β± een-derde van die bokant (stingelgedeelte) van elke tamatie af.
Sny ook die onderkant effens gelyk sodat die tamaties plat kan staan.
Plaas die tamaties aan die ander kant van die pan.
Gebruik 'n groot ovaal bord en rangskik die steak, pruimedante met spekrepies, en tamaties daarop.
Strooi fyngekapte vars pietersielie oor die tamaties, gevolg deur fyn parmasaankaas.
Voeg die omelette, snye tuisgebakte bruin volgraan brood met pruimkonfyt, en skywe kaas by op die bord en sit voor.