Tuisgebakte Brood
San: Koop deeg by George, die Griek. Deeg moenie yskoud wees nie want dan is dit die vorige dag s'n. Hulle knie Β± 9 vm en 2 nm, voltooi. Koop 3 stukke vir R10 en verdeel vir twee groot brode. Gebruik 2 groot panne (soos my ou beskuitpanne).
Bestanddele
Metode
Moenie olie of asyn in die kniewater gebruik nie. Gebruik slegs louwater.
Meng die koekmeel, kitssuurdeeg en sout saam in 'n groot bak.
Voeg genoeg louwater by en knie die deeg met varkvet of margerien totdat dit elasties is β nie styf en droog nie.
Knie die deeg goed deur totdat dit 'n gladde, elastiese tekstuur het.
Verdeel die deeg in vyf gelyke porsies en vorm brode.
Laat die brode rys β nie te min (anders bars dit oop tydens bak) en nie te veel nie (anders kry jy rysgate en 'n paddaastoelvorm).
Bak die brode in gesmeerde broodpanne tot gaar en goudbruin.
Wenke: Sny klaar voor vries, so 4 snye per sakkie. Laat brode self ontdooi waar moontlik. Ontdooi 'n heel brood in MG, 3 min. op 'n kant in vadoek. Indien nie 'n MG het nie, sprinkel min water op en warm op in die oond (30 min.). Smeer varsgebakte brood met varkvet i.p.v. margerien.