Reseptaal
Tuisgemaakte Jogurt
Tannie Kosie Smith
★★★★★🍳 Ontbyt
Bestanddele
2 koppie≈ 500 ml
volroom melk5 teelepel≈ 25 ml
Gewone (Plain) JogurtMetode
1
Kook 2 koppies volroom melk in die mikrogolf vir 5 minute op High.
2
Laat die melk afkoel tot liggaamstemperatuur.
3
Voeg 5 teelepels Gewone (Plain) Jogurt by en roer goed deur.
4
Gooi die mengsel in 'n warm fles en laat staan vir 24 uur.
5
Gooi die jogurt uit die fles uit.
6
Bêre in die yskas.
7
Snipper rou of ingelegde vrugte in indien verkies.
✨ Tienie Sê
Bêre altyd 5 t van die Gewone Jogurt vir 'n plantjie in die yskas.
Graderings
Gee 'n telling: