Aartappelgereg (Grootmaat)
Gemaak vir Boerevereniging se afsluiting 24 November 2006. 3 oondpanne vol vir 80 mense. Daar was ook tuisgebakte brood en 'n bietjie pap vir sekeres.
Bestanddele
Metode
Kook 45 groot aartappels in hul skille tot net sag in 6 teelepels soutwater.
Laat afkoel en verwyder die skille.
Braai 6 groot uie, 1 kg Streaky Bacon, 1 geel soetrissie en 1 rooi soetrissie in 'n mengsel van olie en botter tot sag.
Voeg 10 klein geskilde tamaties in blokkies gesny by en maak net halfgaar.
Voeg 5 blikkies geroomde sampioensop, 800 ml Ultra Mel Room of suurroom en min sout by om die sous te voltooi.
Pak 'n laag van 7β8 aartappelskywe in elke oondpan. Strooi swartpeper oor.
Skep sous oor die aartappels. Pak nog 'n laag aartappels en skep weer sous oor.
Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak Β± 15 minute by 180 Β°C tot deurwarm en kaas gesmelt is.
LW: Alles is reeds gaar. Laat afkoel. Bedek met foelie en vervoer.