Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Afval vir Safari-ete 2006

🍲 Grootmaatresepte

Wat 'n verrassing! Gedink ons koop die klaar skoongemaakte pense aan. ± 50 % daarvan so swart en taai soos ons land se voerkraalkallerpense! Ons moes eers weer vir twee dae aanmekaar staan en krap om skoon te kry. 23 Junie 2006: 29 kg beesp…

🎉 Safari-ete🎉 Boeredag

Bestanddele

2
x 25 kg bokse beespens (ingevoer vanaf Australië)
11 kg11000 g
skaappens, lieflik skoon
20 kg20000 g
beesskenkels

Metode

1

Berei die afval twee weke voor die groot funksie voor — moenie meel of enige verdikkingsmiddel byvoeg tydens hierdie voorbereiding nie; dit word later tydens opwarming bygevoeg.

2

Kook die pense buite op die stoep in erdekastrolle op gasbranders — die reuk verdamp buite en nie in die huis nie.

3

Kook die skaappens die vorige dag.

4

Skep die gekookte vleis uit in oop skottels om vinnig af te koel, en skep onnodige vette af.

5

Meng die skaap en pens saam.

6

Gooi die mengsel liewer direk in 'n groot nommer 20 swartpot vir opwarming — vermy erdekastrolle en vlekvrye staal kastrolle aangesien dit die afval kan laat brand tydens opwarming.

7

Sodra kookpunt bereik word, gooi die bindmiddel (verdikkingsmiddel) in en kook deur.

✨ Tienie Sê

Vries in byvoorbeeld 1 kg margerienbakke of 2 liter roomysbakke; Een groot houer neem te lank om te ontdooi. Ontvorm die volgende dag wanneer gevries is en plaas in plastiese sakkies. Sakkies gebruik minder plek in vrieskas. Vries tot benodig.

Graderings
Gee 'n telling: