π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Bazaar-Pannekoek
Ekonomiese resep. Willie het tuisgemaakte klitser wat op boormasjien pas, gebruik - sommige stukkies plastiek het van die emmer afgekom en in die deeg beland! 6 x 20-liter emmers was genoeg vir Bazaar van 2009.
Bestanddele
Metode
Klits die eiers, asyn en sonneblomolie goed saam in 'n 20-liter plastiese emmer.
Voeg ΒΌ van die water by en meng goed.
Voeg die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) by en meng met bietjies water om 'n dik gladde mengsel (soos koekbeslag) te maak.
Sodra die mengsel glad is, voeg die res van die 9 liter water by. Die deeg moet soos dun room lyk.
Die laaste liter water kan bygevoeg word indien die deeg te dik is.
Indien met 'n handklitser gemeng word, gebruik 'n medium plat skottel: klits die helfte van al die vloeistowwe, voeg dan die helfte van die droΓ« bestanddele bietjiesgewys by.
Herhaal met die tweede helfte.
Indien by 'n koshuis gemeng word, kan die hele mengsel op een slag gemeng word.
Laat die deeg op die koudste plek in die huis staan totdat dit gebruik word.
Kan Vrydagoggend gemaak word vir gebruik op Saterdag.
Dit is nou (30 Julie) koud genoeg, dus hoef die deeg nie oornag in koelkamer te staan nie. Laat dit op die koudste plek in die huis staan. Kan Vrydagoggend gemaak word vir Saterdag. 6 x 20-liter emmers was genoeg vir Bazaar van 2009.