π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Afkook van Wildsvleis vir Vleispasteitjies
Metode
Was die vleissnitte behoorlik af om bloed, kliere, hare, stukkies been, mis ens. te verwyder.
Kook die vleis vir ongeveer 15 minute, gooi die water af, en spoel elke stukkie vleis onder lopende water af.
Kook die vleis verder in 'n stoompot vir 35 minute, of in 'n groot kastrol op 'n gasbrander vir 4 ure vanaf die begin van kook.
Gebruik slegs sout en peper β niks anders nie.
Die vleis moet vanself van die bene afval.
Verwyder alle bene en taai neksenings van die gaar vleis.
Maal die vleis met 'n Kenwood-meuletjie (vir kleiner hoeveelhede) of met 'n groot elektriese vleismeule.
Verpak die gemaalde vleis in 2-liter roomysbakke en bΓͺre tot benodig.
Moet NOOIT teveel benevleis op een dag aanpak as jy alleen is nie. Teveel vir een dag gaan oornag in die potte sleg word en 'kook' die volgende oggend sommer vanself!