Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Kaiings

🥩 Vleisbewerking

Mense in Groot Marico eet smeerpap met kaiings en bruinsuiker of appelkooskonfyt.

Bestanddele

spek (van 'n spekvark/kortkop) met bietjie vleis aan, bv. lies

Metode

1

Gebruik spek van 'n kortkop-spekvark (bv. Landras is 'n lang vleisvark en nie geskik nie).

2

Die spek moet 'n bietjie vleis aanhê, bv. lies.

3

Sny die spek in blokkies.

4

Braai die blokkies uit in 'n pan oor medium hitte. Roer gedurig met 'n houtlepel.

5

Braai vir ongeveer 30 minute tot gaar.

6

Skep die kaiings onmiddellik uit die warm vet sodra gaar — moenie dit in die warm 'olie' laat sit nie, anders word dit te hard.

7

Gooi die lou-warm vet deur 'n skoon kaasdoek om dit te suiwer.

8

Gebruik wyebek-houers vir die vet sodat jy maklik jou hand in kan kry wanneer jy dit gebruik (bv. vir deegknie).

9

Sit in die yskas om af te koel. Die vet moet spierwit word.

✨ Tienie Sê

Braai sagte binnevet (reuselvet) apart uit - die kaiings smaak anders (reuselkaiings), braai feitlik alles weg. Braai vleiskaiings en vetkaiings apart uit; vleis braai gou hard. Kaiings wat te hard is kan gemaal word om op die brood te smeer met sout en peper. Hou uitgebraaide varkvet in yskas, moenie sout ingooi nie, dan hou dit langer. Vries ongesoute kaiings. Warm op in mikrogolf wanneer nodig. Reuselvet nie geskik vir wors nie - gee 'n reuk af en word gou galsterig. Skaapstert ook geskik vir kaiings, wors of droë wors.

Graderings
Gee 'n telling: