Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek❀️GunstelingπŸ“My ResepteπŸ›’InkopielysieπŸ“…Weekplanner
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou Resepβš™οΈInstellings

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

'Afrika-Waatlemoen' Konfyt

Gekook op 8 April 2009. Uitstekend gekom – 10 heuningbotteltjies gekry.

Bestanddele

2 kgβ‰ˆ 2000 g
waatlemoen stukke (kors of vleis)
1.5 kgβ‰ˆ 1500 g
suiker per kastrol vir die stroop (x 2 kastrolle)
3 liter
water per kastrol vir die stroop (x 2 kastrolle)
sap van 'n halwe suurlemoen per kastrol (x 2 kastrolle)
gemmerstukke na smaak
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout
margerien vir rand van kastrol

Metode

1

Gebruik 2 x 5 liter vlekvryestaalkastrolle.

2

Smeer die rand van elke kastrol met margerien terwyl dit nog koud is, sodat dit nie oorkook nie.

3

Verdeel die waatlemoenStukke tussen die twee kastrolle en kook elkeen met die stroop (suiker en water), suurlemoensap, gemmerstukke en 'n knippie sout.

4

Kook vir ongeveer 1Β½ uur in die afsonderlike kastrolle.

5

Gooi alles bymekaar in een kastrol en kook nog Β½ uur matig vinnig.

6

Die stroop moet net lekker genoeg wees β€” nie te dik nie. Skep in flesse.

✨ Tienie SΓͺ

Lewer 10 heuningbotteltjies.

Graderings
Gee 'n telling: