π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Agurtjie-stukke Konserf
Bestanddele
Metode
Kies agurkies wat 2,5 tot 3 cm in deursnee is naby die stingel asook die blom-ent.
Behou die steeltjie 2 cm lank.
Sny die agurtjie 4 cm vanaf die stingel af asook by die blom-ent. Prik die agurkies deeglik.
Gebruik 'n wit sintetiese deegplank op jou skoot sodat die arms ontspan β die tafelblad is gewoonlik effens te hoog om op te werk.
Weekproses: Plaas die 5 kg agurkies in 'n 20 liter plastiese emmer. Vul met 8,75 liter water.
Voeg 7 teelepels (37,5 ml) gebluste kalk by en meng goed met 'n lang houtlepel.
Bind 'n doek oor die emmer of plaas 'n deksel op, en laat die agurkies oornag week.
Volgende dag: Spoel die agurkies goed af in vars water.
Vir elke 1 kg agurkies: Kombineer 1,5 liter water, 1 kg suiker en 50 ml suurlemoensap in 'n pot.
Verhit en roer tot die suiker heeltemal opgelos is.
Kook matig vinnig vir ongeveer 1 uur 30 minute. Toets die konsistensie.
Bottel die konserf warm in gesteriliseerde flesse en verseΓ«l.