Reseptaal
Beet-Blatjang
Huisgenoot 16 Januarie 1997
★★★★★🫙 Bottel en Bêre
Bestanddele
500 ml
asyn750 ml
suiker6 koppie≈ 1.5 l
gaar beetblokkies2
groot uie, fyn gekap15 ml
kerriepoeier5 ml
sout45 ml
mielieblombietjie bietjie
koue waterMetode
1
Meng die suiker en asyn saam in 'n kastrol.
2
Verhit oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos is voor dit begin kook.
3
Bring tot kookpunt en voeg die beet en uie by.
4
Laat prut nog 5 minute lank.
5
Maak 'n pasta van die mielieblom, kerrie en water.
6
Voeg by en kook goed deur.
7
Skep die warm mengsel in gesteriliseerde flesse.
✨ Tienie Sê
Lewer 1,4 liter blatjang. Sit klein-klein stukkie botter in kastrol om te verhinder dat beet of enige konfyt oorkook.
Graderings
Gee 'n telling: