๐ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Feestelike Roomyskoek
Sรณ 'n roomyskoek bly een van my gunstelingnageregte. Dis doodmaklik en vinnig om te maak en is so deftig of eenvoudig, groot of klein soos wat jy dit verkies. Boonop kan dit al 'n maand voor Kersfees gemaak word en wat ook al oorbly, kan neโฆ
Bestanddele
Metode
Smeer 'n groot brood- of koekpan en voer goed uit met kleefplastiek.
Maak seker dat die rante van die kleefplastiek 'n hele ent oor die kante van die pan hang.
In 'n groot mengbak, maak die toffieroomys lekker sag met 'n houtlepel.
Roer die grondboonbroslekker en Amarula-likeur by en meng goed.
Skep die toffieroomysmengsel in die uitgevoerde pan en sit in die vrieskas vir 20 minute.
Verhit intussen die vrugtekoekmengsel en brandewyn saam en kook tot die vrugte sag is. Laat afkoel.
Meng die afgekoelde vrugtekoekmengsel met die sagte vanieljeroomys en skep op die toffieroomyslaag.
Vries tot hard.
Meng die gesmelte botter en gemmerkoekiekrummels en druk vas op die vanieljeroomyslaag.
Vou die kleefplastiek toe om die roomyskoek en vries tot wanneer nodig.
Genoeg vir 12 mense.