๐ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Gebakte Sagopoeding
Bestanddele
200 ml
sago, geweek2
eiers, geskei750 ml
melk125 ml
suikerknippie knippieโ โ 1 g
sout2 ml
vanieljegeursel25 ml
botter50 ml
appelkooskonfyt50 ml
strooisuikerMetode
1
Spoel sago af en verhit stadig in melk.
2
Kook tot sag en deurskynend.
3
Voeg suiker, sout, vanielje en botter by.
4
Voeg eers 'n bietjie van die warm sagomengsel by die geklitste eiergele.
5
Roer vinnig om te voorkom dat dit skif.
6
Roer die eiermengsel ook by die melk.
7
Skep die sago in 'n bakskottel. Stip met konfyt.
8
Klits die eierwitte met die strooisuiker styf. Skep oor poeding.
9
Bak vir 25 min. by 180ยฐC tot meringue goudkleurig is.
Graderings
Gee 'n telling: