Reseptaal
Gepiekelde Kerrievis
★★★★★🫙 Bottel en Bêre
Bestanddele
1 kg≈ 1000 g
stokviskoekmeel om in te rol
olie of vet om in te braai
sout en peper na smaak
3 koppie≈ 750 ml
asyn1
groot ui, fyngesny2
lourierblare1 teelepel≈ 5 ml
peperkorrels1 eetlepel≈ 15 ml
meelblom1 eetlepel≈ 15 ml
kerriepoeierMetode
1
Maak 1 kg stokvis goed skoon en sny dit in geskikte stukke reg om te bedien.
2
Rol die visstukke in koekmeel en braai in baie warm olie of vet totdat dit gaar en goudbruin is.
3
Geur met sout en peper.
4
Terwyl die vis bak, sit 3 koppies asyn in 'n pot en verhit.
5
Voeg 1 groot fyngesnyde ui, 2 lourierblare en 1 teelepel peperkorrels by en kook stadig totdat die ui sag is.
6
Meng 1 eetlepel meelblom en 1 eetlepel kerriepoeier met 'n bietjie asyn en voeg dit by die uie-mengsel.
7
Kook vir 'n paar minute.
8
Pak die warm vis in 'n erde- of glaskom en gooi die warm kerriesous daaroor.
9
Laat staan om af te koel. Maak toe en sit in die koelkas. Bedien koud.
✨ Tienie Sê
Hierdie vis sal lank hou as dit in verseëlde bottels gehou word.
Graderings
Gee 'n telling: