Groen Tamatiekonfyt
Bestanddele
Metode
Vorige aand: Was en weeg die tamaties. Sny alle swart merkies uit.
Prik die skille met 'n hoedespeld of 'tool' waarmee heel groenmielies geëet word.
Week tamaties oornag in 'n oplossing van 1 eetlepel sout of gebluste kalk vir elke 2 liter water (gebluste kalk is die beste).
Volgende oggend: Spoel tamaties goed af.
Vir 'n kastrol met inhoudsmaat van 5 liter: Kook die stroop (suiker, water, suurlemoensap, gemmer) tot kookpunt.
Voeg die 2 kg tamaties geleidelik in die kokende stroop en kook matig vinnig vir 1 uur.
Verwyder van stoof en laat tamaties oornag in stroop masereer sodat hulle sag word en die stroop kan deurtrek.
Volgende dag: Skep tamaties versigtig met 'n gleuflepel uit die stroop.
Bring die stroop tot kookpunt.
Plaas die tamaties bietjiesgewys terug in die stroop en kook matig vinnig tot die tamaties glansend is en die stroop dik is.
Skep skuim deurentyd af en verwyder lugborrels.
Bottel warm.
Groen tamaties bevat meer pektien. Siertamatie of Kersietamatie of Cocktail Tomato kan ook gebruik word.