Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Halfryp Tamatiekonfyt

Nuwe Kook en Geniet bl. 222 en Lekker vir Later bl. 258
🫙 Bottel en Bêre

Bestanddele

6 kg6000 g
klein stewige halfryp tamaties (liefs Jam-tamaties)
1 eetlepel15 ml
sout
3,5 liter
water (vir week-oplossing)
6 kg6000 g
suiker
½ koppie125 ml
water
margerien of olie na smaak
2
stukkies gemmerwortel
2 eetlepel30 ml
suurlemoensap

Metode

1

Vorige aand: Was die tamaties en sny alle swart merkies uit. Weeg die tamaties.

2

Prik die skille van die tamaties deeglik.

3

Week die tamaties vir ±30 minute in 'n oplossing van 1 eetlepel sout in 3,5 liter water (genoeg vir 6 kg tamaties in 'n 10-liter emmer).

4

Spoel daarna goed af.

5

Sny die tamaties in stukke.

6

Smeer die bodem van 'n vlekvrye staal of erdekastrol (5-liter inhoudsmaat) met margerien of olie.

7

Giet 'n halfkoppie water in.

8

Pak 1 kg tamaties in, dan 1 kg suiker.

9

Herhaal lae totdat al die tamaties en suiker gebruik is.

10

Laat oornag staan sodat die suiker kan smelt.

11

Volgende oggend: Voeg twee stukkies gemmerwortel en 2 eetlepels suurlemoensap by.

12

Verhit eers stadig en kook dan matig vinnig vir 1½ tot 2 ure.

13

Smeer margerien met 'n vinger bo-op die rand van die kastrol om te verhoed dat die konfyt oorkook.

14

Skep die skuim gereeld af.

15

Let op na 1½ uur: as deurskynende borrels vorm en skielik hoog opkom in die kastrol, is die konfyt gereed.

16

Moenie langer as 2 ure kook nie, al lyk dit nog te loperig — dit raak taai en byna tammeletjie wanneer dit afkoel.

17

Toets die stroop met een van die volgende metodes: (1) Laat 'n bietjie stroop in 'n lepel effens afkoel — dit moet in een breë strook van die lepel afloop, nie in vinnige druppels nie. (2) Drup 'n bietjie konfyt op 'n yskoue piering, laat afkoel en trek jou vinger versigtig daardeur — dit moet riffels laat. (3) Drup 'n druppel in 'n glas yskoue water — as dit heel bly en na die bodem sak, is dit gereed; as dit opbreek, moet dit nog kook.

18

Bottel die konfyt warm in gesteriliseerde flesse.

19

Verwyder lugborrels en verseël dadelik, of laat oornag afkoel.

✨ Tienie Sê

Gebruik klein, stewige tamaties liefs aan die groenerige kant t.w.v. die pektieninhoud wat help met die vorming van jellie - nie groot, waterige, oorryp tamaties met baie pitte nie. 'Jam'-tamaties is die beste.

Graderings
Gee 'n telling: