Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Heel Lemoenkonfyt

Nuwe Kook en Geniet bl. 225 en Lekker vir Later bl. 146 en Tant Nellie Lottering
🫙 Bottel en Bêre

Bestanddele

1 kg1000 g
lemoene (± 8 halwes)
1 kg1000 g
suiker
4 eetlepel60 ml
suurlemoensap
1
knippie sout
6 koppie1.5 l
(1,5 liter) water waarin lemoene gekook het

Metode

1

Rasper (met fyn kant van rasper) of skil die geel skilletjie van die lemoene baie dun af.

2

Dit moet nog oranje lyk — moenie die wit verwyder nie.

3

Vryf die lemoene met sout en laat vir 20 minute staan. Spoel daarna goed af.

4

Bedek die lemoene oornag met sterk warm water in 'n groot plastiese emmer, met 'n gewig op om hulle onder water te hou.

5

Volgende oggend: Spoel die lemoene af en weeg hulle.

6

Sny die lemoene in halwes (dwars) of kwarte en verwyder alle pitte waar moontlik.

7

Gebruik 'n vlekvrye staal of erde kastrol.

8

Sit die lemoene geleidelik in kokende water — die water moet bly kook.

9

Kook matig vinnig tot die lemoene so sag is dat dit maklik met 'n vuurhoutjie deurboor kan word en die stroop maklik kan deurtrek.

10

Haal die lemoene een vir een uit en behou die water waarin hulle gekook het.

11

Syg die water deur 'n doek.

12

Maak die stroop: Kombineer 6 koppies (1,5 liter) van die bewaarde kookwater met 1 kg suiker en 4 eetlepels suurlemoensap in 'n kastrol (inhoudsmaat van 5 liter) en bring tot kookpunt.

13

Plaas die lemoene een vir een in die kokende stroop — die stroop moenie ophou kook nie.

14

Smeer 'n dun lagie margerien op die rand van die kastrol om te verhinder dat die konfyt oorkook.

15

Skep skuim en pitte gereeld af.

16

Kook matig vinnig (nie te vinnig, anders raak die stroop te min; nie te stadig, anders word die konfyt donker) vir 1½ tot 2 ure, tot die stroop dik is en die lemoenhalwes deurgekook is.

17

Toets die stroop: Laat 'n bietjie stroop in 'n lepel effens afkoel en laat dit van die lepel afdrup.

18

Die stroop moet nie in vinnige druppels afloop nie, maar in een breë strook.

19

Bottel warm in gesteriliseerde flesse: Pak 'n laag lemoenhalwes lossies met snykante na buite en bedek elke laag met stroop.

20

Maak seker geen konfyt steek bokant die stroop uit nie.

21

Verwyder lugborrels en verseël die flesse dadelik.

✨ Tienie Sê

Sommige mense sit 'n suurlemoenskyfie, suurlemoenblaar of naeltjies in die bottel om mooi te vertoon.

Graderings
Gee 'n telling: