Reseptaal
Ingelegde Geelperskes
★★★★★🫙 Bottel en Bêre
Netjies ingepakte perskehalwes
Bestanddele
1
deel suiker2
dele watergeelperskes heel of gehalveer, na smaak
Metode
1
Gebruik 1 deel suiker en 2 dele water vir stroop (vir suurvrugte gelyke dele; vir baie soet vrugte 'n dun stroop).
2
Kook die water en suiker saam tot die suiker heeltemal opgelos is.
3
Verhit die stroop tot kookpunt.
4
Sit die geelperskes geleidelik in die stroop en kook tot net sag — toets sagtheid met die agterkant van 'n vuurhoutjie.
5
Pak die vrugte vinnig in gesteriliseerde flesse en vul tot oorlopens toe met die kokende stroop.
6
Verwyder lugblasies deur 'n gesteriliseerde tafelmes versigtig langs die vrugte af te druk.
7
Verseël die bottels onmiddellik.
Graderings
Gee 'n telling: