Ingelegde Sousbone (Cowboy Bone!)
Vir Safari-Ete 10 Nov 2006 is 10 kg bone gemaak. Skep 12 lepels uit 'n bottel. (10 kg bone, 2,5 kg suiker, 2 liter asyn, eiers volgens Marthie Kühn).
Bestanddele
Metode
Bedek die spikkelbone oornag in louwater.
Volgende oggend, gooi die water af en spoel die bone in 'n vergiettes.
Bedek die bone met vars water en kook 'n rukkie, gooi dan die water af om van die 'gasse' ontslae te raak.
Kook die bone verder in skoon water tot sag, maar behou genoeg sous sodat dit nie te droog word nie.
Hou eenkant.
Klits die eiers en suiker saam en plaas die mengsel op die stoof.
Verhit stadig sodat die suiker kan smelt — roer aanhoudend met 'n draadklopper sodat die eiers nie skif nie.
Sodra die mengsel begin borrel, gooi die asyn stadig by terwyl jy aanhoudend roer, totdat die mengsel kook en dik is.
Voeg sout na smaak by en verwyder van die plaat.
Meng die sous by die bone in en laat liggies prut vir ± 5–10 minute.
Bottel die bone terwyl dit nog warm is.
OF: Gooi kookwater oggend op bone. Na werk, stoom bone vir 5 minute. Maak mengsel.