Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Ingelegde Turksvye

🫙 Bottel en Bêre

Bestanddele

1 kg1000 g
ryp turksvye
750 g
suiker per 1 kg vrugte
1 liter
water per 1 kg vrugte
30 ml
suurlemoensap per 1 kg vrugte
25 ml
gebluste kalk per 5 liter water (kalkoplossing)

Metode

1

Maak kalkoplossing deur 25 ml gebluste kalk per 5 liter water te roer.

2

Skil die turksvye en laat heel. Weeg en prik die vrugte deeglik.

3

Laat die vrugte oornag in die kalkwater lê.

4

Spoel die vrugte deeglik in vars water af.

5

Los die suiker op in die water oor matige hitte om 'n stroop te maak.

6

Voeg die suurlemoensap by en bring tot kookpunt.

7

Plaas die vrugte in die kokende stroop en kook, sonder deksel, tot die vrugte deurskynend en die stroop dik is.

8

Pak die vrugte in warm, droë gesteriliseerde bottels, vul met die stroop en verseël dadelik.

Graderings
Gee 'n telling: