Reseptaal
Ingemaakte Sousbone
Huisgenoot 3 Desember 1992
★★★★★🫙 Bottel en Bêre
Verkieslik as 'n slaai maar kan ook warm bedien word.
Bestanddele
500 g
rooi spikkel- of nierbone400-500 ml wit druiwe-asyn
600 g
witsuiker5-7 ml sout
50 ml
mielieblom aangemaak met 'n bietjie water tot 'n pastaMetode
1
Soek bone uit vir klippies en enige onsuiwerhede.
2
Week bone oornag in koue water, óf bedek met kookwater, kook sowat 2 minute lank en week daarna vir 1 uur.
3
Giet weekwater af en giet skoon water oor, genoeg om die bone te bedek.
4
Kook tot bone sag is en giet enige oorblywende water af.
5
Voeg die wit druiwe-asyn, witsuiker, sout en aangemaakte mielieblom by en kook tot die mengsel effens verdik het en goed deurgekook is.
6
Skep warm in gesteriliseerde flesse. Lewer 1,5 liter sousbone.
✨ Tienie Sê
Wenk: Moet nooit sout of asyn by droë bone voeg as dit nog nie sag gekook is nie - dan sal dit nooit sag kook nie.
Graderings
Gee 'n telling: