Reseptaal
Kerrieboontjies
★★★★★🫙 Bottel en Bêre
Bestanddele
2 kg≈ 2000 g
gekerfde groenboontjies500 g
gekerfde uie30 ml
sout750 ml
wit asyn750 ml
suiker20 ml
kerriepoeier60 ml
mielieblomMetode
1
Bring die boontjies, uie en sout tot by kookpunt en kook tot sag met genoeg water.
2
Maak intussen die kerriesous: Verhit die asyn in 'n aparte pot.
3
Meng die kerriepoeier, suiker en mielieblom saam en meng dit dan met 'n bietjie asyn tot 'n gladde pasta.
4
Voeg die mengsel by die warm asyn en bring tot kookpunt. Kook ongeveer 3 minute.
5
Gooi die kerriesous oor die boontjies en kook saam vir 5–10 minute.
6
Skep warm in gesteriliseerde bottels en verseël.
Graderings
Gee 'n telling: