Reseptaal
Kerriewortelslaai
Christel Nel se Ma, Mariepskop 1979. Ans v Zyl, Ellisras 2009.
β
β
β
β
β
π« Bottel en BΓͺre
Dertig jaar later presies dieselfde resep! Neem 'n bottel saam as julle gaan kamp. Op warm dae is dit heerlik saam met koue vleis of braaivleis.
Bestanddele
2 kgβ 2000 g
geelwortels, geskil1 kgβ 1000 g
uie, skoongemaak25 ml
sout500 ml
wit asyn250 ml
(200 g) wit suiker15 ml
kerriepoeier, matig50 ml
mielieblomMetode
1
Sny wortels en uie in dun skyfies. (Gebruik Antje se rasper vir die wortels.)
2
Bedek met kookwater, voeg sout by en kook tot sag.
3
Gooi die water af.
4
Voeg 400 ml van die asyn by die groente en laat net opkook.
5
Meng suiker, kerriepoeier, mielieblom en die res van die asyn saam.
6
Roer die mengsel by die wortelmengsel in.
7
Kook vir 6 minute.
8
Verwyder van die stoof en skep warm in gesteriliseerde bottels.
β¨ Tienie SΓͺ
Lewer 3,5 liter slaai. Maak liewer 'Koperpennie-wortelslaai'.
Graderings
Gee 'n telling: