Koejawels - Algemene wenke en inlê
Bestanddele
Metode
Koejawels word gewoonlik in Februarie/Maart ryp. Beskerm die boom in die winter teen koue.
Spuit met supermetrien gedurende blomtyd, en ook grasperke in die omgewing.
Om in te lê: pluk die koejawels wanneer hulle nog halfgroen is.
Gaan elke oggend kyk en pluk 'n bietjie op 'n slag — dit is minder vermoeiend as om alles op een dag te doen.
Lê pienk en wit koejawels gemeng in. Gebruik 1 deel suiker en 2 dele water as die stroop.
Kyk vir skaal (swart doppies op die skil) en spoel dit af voor gebruik.
Skil 'n papbord vol koejawels op 'n slag — moenie te veel gelyktydig kook nie, anders word hulle pap.
Kook die koejawels totdat dit lyk of die pitte net loskom van die kante — dan is dit gereed om te bottel.
Onthou: die vrugte word nog sagter in die bottel as gevolg van die hitte, so moenie te gaar kook nie.
Pak die vrugte so dat die halwes sover moontlik na buite wys — dit lyk baie mooi in die bottel.
Klein koejawels kan heel ingelê word. Pasop vir wurmpies wanneer jy die vrugte sny.
Lê bietjie-bietjie in oor 'n paar dae sodat dit nie te vermoeiend is nie.