Koperpennie-wortelslaai
Ansie Pretorius gemaak tydens Henkie se 21e.
Bestanddele
Metode
Skil die wortels en uie en sny dit in skyfies op.
Halveer en ontpit die soetrissies en sny dit in repies op.
Kook die wortels gewoonweg tot halfgaar, spoel dit in 'n vergiettes onder lopende koue water af en dreineer dit goed.
Pak die wortels, uie en soetrissies in lae in 'n houer met 'n deksel wat dig seël; eindig met 'n laag wortels.
Verhit die res van die bestanddele stadig saam tot kookpunt en roer dit om die suiker en soppoeier te laat oplos.
Roerkook die mengsel 2 minute lank.
Giet dit kokend warm oor die wortelmengsel en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kant inloop.
Laat die slaai afkoel.
Verseël die houer en bewaar die slaai in die koelkas.
Laat dit minstens 2 dae lank marineer voor gebruik.
Bewaar in yskas! Baie makliker om wortels, uie en soetrissie met sous te meng en dan warm te bottel.