Opsny van Agterkwart van Bees
Metode
Sny lies (dunlies) af tot op die drie ribbebene. Saag verder deur. Dunlies geskik vir ribrol.
Verwyder die voorrib (kortrib) m.a.w. die drie ribbebene (11e, 12e, 13e).
Sny en saag deur rugstring.
Lyk soos T-bene sonder die filet.
In die voorkwart word diΓ© ribbebene primarib genoem.
Die oogspier in die voorrib (van agterkwart) is groter as die oogspier in die primarib (van voorkwart).
Die oogspier (eye rib) staan ook in volksmond bekend as die garing vir garingbiltong.
LΓͺ weerskante van die rugstring (werwelkolom) aan die buitekant van die karkas.
'n Sagte vleis geskik vir sosaties en roomsteak.
Die filet lΓͺ aan die binnekant van die rugstring, een deel in die lende en die ander deel in die kruis.
Dit is die sagste vleis in enige karkas.
Die lende (T-bene): By wildsbokke verwyder ons die filet en garing vir bakvleis of biltong.
By die beeskarkas behou ons dit as T-bene.
'n T-been bestaan dus uit die oogspier (rugfilet) en die sagte filetvleisie.
By die aankoop van 'n slagbees bekyk ons die hongerholte om te bepaal hoe groot die T-bene gaan wees.
Kyk na die binnekant van boud.
Sny en saag nou die Rump (kruisskyf) af.
Twee vingerbreedte onderkant pelvisbeen.
Ontbeen na afgesaag.
Verkieslik in mootvorm uitgehaal.
Sny binneboud uit tot op dwarsbeen.
Sny dy (Silver Side) uit. Die kuitspier is deel daarvan.
Verwyder die diklies.
Rypmaking: Bees 7 - 10 dae, skaap 2 - 3 dae, vark glad nie. Moet nooit deur vleis saag nie. Moenie vleis met enige voorwerp steek om in pan om te draai nie. Geriffelde pan: Moenie omdraai terwyl vleis nog vassit nie - sal self loskom. 'n Jong bees word uitgeken aan: rooi vlekke op ribbebene en dik lagie vet tussen werwelbene.