π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Paptert
Bestanddele
Metode
Smeerpap: Kook 4 koppies water en 1 teelepel sout.
Roer 1 koppie Braaipap-meel met 'n 'wisk' in. Laat staan om te prut.
Roer later weer goed deur met 'n drietand vurk.
Laat stadig prut oor lae hitte. (Gebruik 3 koppies water indien 'Gewone Mieliemeel'.)
Braai die uie en spek in 'n pan tot gaar.
Witsous: Vul 'n glasbeker met melk tot 450 ml.
Kook die melk vir 5 minute op High in die mikrogolf (MG).
Maak intussen 'n pasta van 1Β½ eetlepels maizena en Β± 50 ml melk.
Sodra die melk uit die MG kom, voeg 1Β½ eetlepels margerien by en roer. Roer die pasta in.
Plaas terug in die mikrogolf: 1 minuut op medium, dan 2 minute op medium, dan nog 2 minute op medium.
Verwyder elke keer en roer deeglik tot op die bodem van die glasbeker.
Plaas weer terug indien nog nie die regte dikte nie.
Geur die witsous met swartpeper uit die pepermeule, 1 eetlepel Crushed Garlic, Β½ koppie wit wyn en Aromat na smaak.
Gebruik twee reghoekige/vierkantige vuurvaste bakke.
Moenie smeer nie.
Smeer 'n dun laag pap op die bodem en druk vas.
Sit 'n laag geblikte sampioene bo-oor, gevolg deur die uie en spek, dan die witsous.
Herhaal die lae indien verkies. Strooi gerasperde Cheddar bo-oor.
Bak by 180Β°C vir 10 minute.
Strooi fyngekapte vars pietersielie oor (min). Bedien saam met braaivleis.