Piekelagurkies
Bestanddele
Metode
Vorige aand: Plaas die agurkies in 'n bak.
Voeg die sout by en bedek met genoeg yswater.
Laat oornag staan.
Volgende dag: Moenie die agurkies afspoel nie.
Stroop: Meng die wit asyn en wit suiker in 'n erde- of vlekvrye kastrol.
Verhit en roer tot die suiker volledig opgelos is.
Laat die stroop net opkook, en verwyder dadelik van die plaat.
Plaas die Robertson's Whole Pickling Spice in 'n moeseliensakkie.
Voeg die agurkies en die speserysakkie by die stroop in die kastrol. Verhit saam tot kookpunt.
Verwyder die moeseliensakkie — daar moet geen peperkorrels of ander kruie in die fles by die agurkies wees nie.
Pak die agurkies warm in gesteriliseerde bottels tot 1 cm van bo af. Bedek volledig met die stroop.
Verseël die bottels terwyl dit nog warm is.
Maak ± 8 weke voor die tyd. Vir suurder agurtjies, gebruik net 3 eetlepels suiker i.p.v. 5 koppies. Maak seker dat asyn nie kook nie anders verslaan dit en verloor sy waarde. Stroop moet net opkook en verwyder dadelik. Verwyder moeseliensakkie - daar moet géén peperkorrels of ander kruie in fles by agurkies wees nie - dit verkleur die asyn. Die eindresultaat moet helder wees, nie troebel, nie verkleur, geen afsaksel nie. Agurkies moenie pap of moeserig wees nie. Bewaar in boks in donker koelkamer. Agurkies word nie gaargemaak nie.