Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Piekeluitjies

Vallery, VLU
🫙 Bottel en Bêre

Bestanddele

1 kg1000 g
uitjies, skoongemaak
½ koppie125 ml
sout
genoeg yswater om uitjies te bedek
5 koppie1.25 l
wit suiker
5 koppie1.25 l
wit asyn
1 pakkie
Robertsons Whole Pickling Spice

Metode

1

Vorige aand: Plaas die skoongemaakte uitjies in 'n bak.

2

Strooi die sout oor en bedek met genoeg yswater.

3

Laat oornag staan.

4

Volgende dag: MOENIE DIE UITJIES AFSPOEL NIE. Dreineer die uitjies maar moenie spoel nie.

5

Stroop: Meng die wit asyn en suiker in 'n erde- of vlekvrye kastrol.

6

Verhit en roer tot die suiker heeltemal opgelos is.

7

Laat die stroop net opkook en verwyder dadelik van die plaat.

8

Plaas die speserye in 'n moeseliensakkie.

9

Voeg die uitjies en moeseliensakkie by die warm stroop en verhit saam tot kookpunt.

10

Verwyder die moeseliensakkie uit die stroop.

11

Pak die uitjies warm in gesteriliseerde bottels tot 1 cm van die bo af.

12

Bedek met die warm vloeistof en verseël dadelik.

✨ Tienie Sê

Maak ± 8 weke voor die tyd. Vir suurder uitjies, gebruik net 3 eetlepels suiker i.p.v. 5 koppies. Maak seker dat asyn nie kook nie anders verslaan dit en verloor sy waarde. Stroop moet net opkook en verwyder dadelik. Verwyder moeseliensakkie - daar moet géén peperkorrels of ander kruie in fles by uie wees nie - dit verkleur die asyn. Die eindresultaat moet helder wees, nie troebel, nie verkleur, geen afsaksel nie. Uie moenie pap of moeserig wees nie. Bewaar in boks in donker koelkamer dan bly dit langer wit. Uitjies word nie gaargemaak nie. Smaak soet.

Graderings
Gee 'n telling: