Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Potjiekos (± 40 mense)

🍲 Grootmaatresepte

Bestanddele

groot hoeveelheid uie na smaak
olie na smaak
kookvleis (porsies vir ±40 mense)
vars gesnyde uie na smaak
groente (geskil, na keuse) na smaak
soppoeiers (verskeie soorte) na smaak
warm water (genoeg om vleis te bedek)

Metode

1

Vind eers uit hoe laat dit etenstyd gaan wees voordat met die pot begin word.

2

Braai uie in olie in 'n groot ysterpot (±nr. 20). Skep uit en bewaar in yskas tot benodig.

3

Seël porsies kookvleis in verhitte olie — nie alles gelyk nie. Gebruik 'n groot houtlepel.

4

Skep al die vleis in en bedek met warm water. Moenie sout ingooi nie.

5

Stowe vir 3 ure en roer af en toe. Skil intussen al die groente en bêre in yskas tot benodig.

6

Skep die gebraaide uie, vars gesnyde uie en groente by die vleis.

7

Moenie roer nie.

8

Stowe nog 30 minute.

9

Gebruik 'n houer of plastiese beker met 'n inhoudsmaat van 1,5 liter en meng verskillende soppoeiers met koue water.

10

Sodra die groente gereed is, roer die sopmengsel versigtig by.

11

Prut nog 20 minute en pas op vir aanbrand.

Graderings
Gee 'n telling: