Reseptaal
Sampioensous (oor Roast of saam met braaivleis)
Tienie
β
β
β
β
β
π« Souse
π€ Tienieπ Braai
Bestanddele
2β3 eetlepels margerien of garlicbutter
1 blikkie
Sunkist sampioene (water behou)2
middelmatige uiegemaalde swartpeper na smaak
2 eetlepelβ 30 ml
sampioensoppoeier2 teelepelβ 10 ml
Bistosampioenwater of melk (indien nodig)
250 ml
Ultra Mel room1 koppieβ 250 ml
gerasperde kaasbietjie bietjie
melk om te verdunMetode
1
Dreineer die sampioene maar behou die water.
2
Sny die sampioene in skyfies. (Vars sampioene, indien beskikbaar, is ook ideaal.)
3
Braai die margerien of garlicbutter, sampioene, uie en gemaalde swartpeper saam in 'n pan tot sag.
4
Voeg die sampioensoppoeier en Bisto by. Roer goed met 'n houtlepel.
5
Voeg 'n klein bietjie sampioenwater of melk by indien die mengsel te droog is.
6
Voeg die Ultra Mel room en gerasperde kaas by. Roer goed.
7
Voeg 'n bietjie melk by om die sous na wense te verdun.
8
Laat prut vir 5 minute. Bedien dadelik.
β¨ Tienie SΓͺ
Heerlik met kapokaartappels en wors. Oor roast of saam met braaivleis.
Graderings
Gee 'n telling: