Lekkereet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekkereet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek❤️Gunsteling📝My Resepte🛒Inkopielysie📅Maaltydplanner
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep⚙️Instellings
Reseptaal

Skaap-oë

Vallery
🫙 Bottel en Bêre

'n Lekkerny vir byvoorbeeld na 'n braaivleis i.p.v. 'n soet likeurtjie. Smaak amper soos gestoofde appels.

👤 Vallery🎉 Braai

Bestanddele

maroelapitte (met vleisgedeelte aan, doppe verwyder)
gelyke deel suiker (volgens gewig van pitte)
klein bietjie water
1 teelepel5 ml
wynsteensuur

Metode

1

Verwyder die doppe van die maroelapitte en hou die vleisgedeelte aan die pitte.

2

Weeg die pitte met die vleisgedeelte aan.

3

Gebruik 'n gelyke deel suiker (volgens gewig van die pitte) en voeg 'n klein bietjie water by.

4

Kook die mengsel vir ongeveer 45 minute.

5

Voeg 1 teelepel wynsteensuur by en roer deur.

6

Bottel die mengsel warm, saam met die pitte.

Graderings
Gee 'n telling: