Reseptaal
Soet-suur agurkies/komkommers
Laurinda via L/Skool
★★★★★🫙 Bottel en Bêre
Resep wat Skoonma altyd maak!! Lekker!
Bestanddele
6 koppie≈ 1.5 l
wit asyn1 koppie≈ 250 ml
water3 koppie≈ 750 ml
suiker2 teelepel≈ 10 ml
sout3 teelepel≈ 15 ml
Whole Pickling Spiceswart peperkorrels na smaak
klein komkommertjies of agurkies genoeg om botteltjies te vul
Metode
1
Voeg asyn, water, suiker, sout, en speserye bymekaar en kook vir 5 minute.
2
Plaas komkommertjies apart in kokende water.
3
Kook vir 5 minute.
4
Dreineer in vergiettes.
5
Baie stof op.
6
Skep komkommertjies in die kokende piekelmengsel — dit moet bedek wees.
7
Kook alles saam tot die komkommers lemmetjiegroen verkleur.
8
Kook eerder te lank as te kort.
9
Toets gaarheid met 'n tandestokkie. (Onthou: asyn laat dit weer harder word in die botteltjies.)
10
Pak die komkommertjies in gesteriliseerde botteltjies met 'n tangetjie of met die hand.
11
Vul tot oorlopens met die warm aftreksel.
12
Verseël dadelik terwyl dit nog warm is.
✨ Tienie Sê
Kook eerder te lank as te kort. Toets met tandestokkie. Asyn laat dit weer harder word in botteltjies.
Graderings
Gee 'n telling: